Oakdale Kalahari Vasbyt. “…Ons is manne soos geen ander, sonder vrees vir stof en swaar en ons oefen en baljaar ook in die aansig van gevaar…” So lui die Vasbytlied, ʼn lied wat menige Vasbyter al gehelp het om deur te druk onder die strafste omstandighede. Die Kalahari Vasbyt word beskryf as die grootste uitdaging wat enige hoërskoolseun vir homself kan stel.
Die Oakdalers staan nie terug vir hierdie uitdaging nie. Oakdale het vanjaar die grootste groep Vasbyters gehad waarop die gemeenskap trots kan wees. Oakdale spog met nie minder as agt leerders wat die uitdagende Kalahari Vasbyt voltooi het.
Otto van Eeden (Grootbrakrivier), Michiel Herholdt (Oudtshoorn), Hanno Louw (Mosselbaai), Hanré Jubelius (Uniondale), Pieter Marais (Riversdal), Gideon Pretorius (Danabaai), Reuben MacDonald (Heroldsbaai) en Henry Theron (Riviersonderend) het hierdie uitdaging sy aan sy aangepak.
“Die Vasbyt was ‘n ongelooflike belewenis waar ek ‘n man soos geen ander geword het in die hartjie van Botswana. Ek kan sekerlik ‘n hele boek skryf oor my tyd op die Vasbyt, maar ek het nie woorde om te beskryf wat hierdie avontuur vir my beteken het nie.” was Pieter Marais, een van die Oakdale-deelnemers se kommentaar op die 2022 Kalahari Vasbyt uitdaging.
Dit is geleenthede soos dié waartydens leerders hulself in toenemende mate ontdek.
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za