Kalahari Vasbyt. Hierdie twee manne van die Boland Landbouskool, Tiaan Rentzke en Ernst Loubscher, het vroeg in Januarie die Kalahari-Vasbyt gedoen en geslaag. Ek twyfel of Tiaan Rentzke of Ernst Loubscher enige toekening as soetste leerlinge sal ontvang. Hulle is lewendig en vol ondernemingsgees. Dat hulle deursettingsvermoë hulle beslis onder die voorste leerders in hierdie land plaas, kan nie betwyfel word nie.
Ek sal verbaas wees as daar vanjaar enige leerders in hierdie land is, wat gaan bereik wat hierdie twee reeds in Januarie reg gekry het. Boland moet trots wees op hulle.
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za