Anneleen van Dyke, oud-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal en onderhoofdogter in 2013, is as een van die top 10 Ekonomie-studente in die land aangewys tydens die Nedbank- en Old Mutual Begrotingstoespraakkompetisie.
Dié kompetisie, is ontwerp om Suid-Afrika se talentvolste studente, in Ekonomie en Finansies, te motiveer, en aan te spoor om tot nasionale debatte oor belangrike kwessies, by te dra.
Anneleen studeer tans nog by Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus), en is besig met haar honneursgraad
in Bcom Ekonomie en Risikobestuur.
Vlnr: Peter Moyo (HUB van Old Mutual South Africa), Mondli Gungubele (Adjunkminister van Finansies), Anneleen van Dyke en Michael Brown (HUB van Nedbank), tydens die begrotingstoespraak.
Die skool is baie trots op Anneleen!