Oos-Vrystaat Atletiek. Bethlehem Voortrekker Hoërskool is beslis ‘n skool om mee rekening te hou op die atletielbaan en -veld. Die stand van medaljes tydens die Oos-Vrystaat Atletiek bevestig waarom BVHS ‘n skool in die Vrystaat is waarmee rekening gehou moet word op die atletiekbaan.
Eastern Free State Athletics. Bethlehem Voortrekker High School is a school to be reckoned with on the athletics track and field. The state of medals during the Eastern Free State Athletics confirms why BVHS is a school in the Free State to be reckoned with on the athletics track.
Bethlehem Voortrekker Hoërskool spog met die volgende medaljes:
- Goud: 81
- Silwer: 52
- Brons: 19
Vyftien rekords is verbeter tydens die TBM- streeksbyeenkoms:
- Kaylie de Bruyn D14 1500m Hindernis
- Carla Britz D14 3000m en D14 800m
- Andaline Warren D14 5000m Stap
- Anè Crous D14 100m
- Lisa Rautenbach D15 Diskus
- Anè Crous D16 2000m Hindernis
- Danika Zwahlen D19 3000m Hindernis en D19 5000m
- Hlonolofatso Modisa S14 100m Hekkies
- Duandré du Plooy S14 Driesprong
- Bokang Moletsane S14 100m Hekkies en S14 300m Hekkies
- S15 4×100 Aflos
- S16 4×100 Aflos
Meer atletieknuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf