Caylin Young en Chrisna Sterley van Laerskool Stulting het aan die Oos-Kaap se finale netbalproewe deelgeneem, waartydens Chrisna in die Oos-Kaap o/13 netbalspan opgeneem is.
Twee van Stulting se onderwysers, Me. Karin Pienaar en Me. Landi v.d. Walt, is ook verkies as Oos-Kaap o/13 afrigters.
Die Oos-Kaap netbalspan neem gedurende die Junie-vakansie aan die All Ages kampioenskappe in Boksburg deel.
Baie sterkte vir julle almal!
Vlnr: Chrisna Sterley, Me. Karin Pienaar (afrigter) en Caylin Young