)

Oos-Kaap Netbal Kampioene – Laerskool Stulting

Oos-Kaap Netbal KampioeneFoto: o12 Netbalspan gekroon as Oos-Kaap Kampioene.

Die o.12 Netbalspan van Laerskool Stulting, Humansdorp, is gekroon as Oos-Kaap Netbal Kampioene!

Tydens die afgelope Oos-Kaap Netbalkampioenskappe in Komani het Laerskool Stulting se jong netbalkampioene behoorlik hul staal gewys! Die o.12 netbalspan het hul pad na die top gebaan met ‘n reeks indrukwekkende oorwinnings.

Hul wedstryde het gewissel van ’n hegte kwarteindstryd teen Laerskool Hudsonpark van Oos Londen tot ’n kragmeting in die finaal teen South Bourne Primary School. Hulle wen South Bourne met 14-10.

Met dié oorwinning verwerf hulle die eerste plek in die provinsie. Hulle kwalifiseer ook vir die nasionale kampioenskappe in Julie in Polokwane.

Hoogtepunte van die o.12 Netbalspan se pad na goud:

  • Wen teen Nkozo Primary School 16-7
  • Kwartfinaal: Wen teen Hudsonpark 11-9
  • Finaal: Wen teen South Bourne Pimary School 14-10

‘n Prestasie van formaat vir dié jong sportsterre!

Die o.13 Netbalspan wys vasberadenheid! Die o.13’s het ook hul staal gewys met verskeie oorwinnings, insluitend ‘n oortuigende 17-4 sege teen Elliot. Alhoewel hulle teen Sunridge Primary School verloor is hulle in ‘n uitspeelrondte stryd gewikkel teen Summerwood vir ‘n derde plek. Hulle verloor egter teen Summerwood 4-14, maar behaal met trots die vierde plek in die Oos-Kaap. Dit is ‘n prestasie om op trots te wees.

Baie geluk aan albei spanne en hul afrigters. Julle is regte ambassadeurs vir Laerskool Stulting.

Schoolsthatrock hou duimvas vir julle vir die SA Kampioenskappe!

Oos-Kaap Netbal Kampioene - Laerskool Stulting
o.13 Netbalspan

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.stulting.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal