
Oos-Kaap Netbal Kampioene – Foto: o12 Netbalspan gekroon as Oos-Kaap Kampioene.
Die o.12 Netbalspan van Laerskool Stulting, Humansdorp, is gekroon as Oos-Kaap Netbal Kampioene!
Tydens die afgelope Oos-Kaap Netbalkampioenskappe in Komani het Laerskool Stulting se jong netbalkampioene behoorlik hul staal gewys! Die o.12 netbalspan het hul pad na die top gebaan met ‘n reeks indrukwekkende oorwinnings.
Hul wedstryde het gewissel van ’n hegte kwarteindstryd teen Laerskool Hudsonpark van Oos Londen tot ’n kragmeting in die finaal teen South Bourne Primary School. Hulle wen South Bourne met 14-10.
Met dié oorwinning verwerf hulle die eerste plek in die provinsie. Hulle kwalifiseer ook vir die nasionale kampioenskappe in Julie in Polokwane.
Hoogtepunte van die o.12 Netbalspan se pad na goud:
- Wen teen Nkozo Primary School 16-7
- Kwartfinaal: Wen teen Hudsonpark 11-9
- Finaal: Wen teen South Bourne Pimary School 14-10
‘n Prestasie van formaat vir dié jong sportsterre!
Die o.13 Netbalspan wys vasberadenheid! Die o.13’s het ook hul staal gewys met verskeie oorwinnings, insluitend ‘n oortuigende 17-4 sege teen Elliot. Alhoewel hulle teen Sunridge Primary School verloor is hulle in ‘n uitspeelrondte stryd gewikkel teen Summerwood vir ‘n derde plek. Hulle verloor egter teen Summerwood 4-14, maar behaal met trots die vierde plek in die Oos-Kaap. Dit is ‘n prestasie om op trots te wees.
Baie geluk aan albei spanne en hul afrigters. Julle is regte ambassadeurs vir Laerskool Stulting.
Schoolsthatrock hou duimvas vir julle vir die SA Kampioenskappe!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor