OMS Atletiek. Sekondêre Meisieskool Oranje se aflosspan het vier wedlope gewen waarvan drie in rekordtye behaal is. Dít is wat die sterbelaaide o.15-aflosspan vanjaar bereik het. Twee rekords het boonop agt jaar en langer gestaan!
Danyelle Pienaar, Rumé Burger, Marlene du Plessis en Elizabeth Fick het tydens die Vrystaat-kampioenskap die o.15 4×100 m-aflos se rekord van 50.93 in 2013 tot 50.54 verbeter. Hierdie vier atlete het die Grey/OMS-byeenkomsrekord in dieselfde aflos (51.23 in 2022) verpletter. Die tyd was 49.19.
Rumé, Danyelle, Elizabeth en Carli Uys het die NWU Top 30-byeenkoms se 4×100 m-aflos in 49.20 gewen. Die vorige rekord (49.50) het sedert 2015 gestaan.
Kyk > https://fb.watch/n-yB7QdGjy/?mibextid=qC1gEa
https://fb.watch/n-D-RkhNrA/?mibextid=qC1gEa
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf