Rising Star Tennistoernooi. Oranje bring weer die beker huistoe! Primêre Meisieskool Oranje se eerste-tennisspan het die eerste plek behaal by die Paribas Rising Star Tennistoernooi in Polokwane. Oranje het al hul wedstryde gewen. Die uitslae is as volg:
- OMS wen Pietersburg Oos 3 – 0
- OMS wen Laerskool Welgemoed 2 – 1
- OMS wen LS Laeveld 3 – 0 (Semifinaal)
- OMS wen LS Monumentpark 3 – 0 (Finaal)
Die skool bedank Mnr. MC Olivier (afrigter) en Me. Margarete Swart (spanbestuurder) wat die dogters vergesel het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf