Rapportryerbeweging. Tydens die jaarlikse prysuitdeling is vier leerders van Hoërskool Witteberg Wittebergers op grond van hul kultuurprestasies deur die Rapportryerbeweging vereer.
Die Rapportryerstoekenning word jaarliks toegeken aan leerders wat Afrikaans op vele vlakke bevorder deur deelname aan verskeie aktiwiteite.
Die volgende leerders ontvang ‘n kontantprys en skild van die Rapportryerbeweging.
- Junior Dogter: Zané Wessels
- Junior Seun: Heiken Venter
- Senior Dogter: Jani de Bruin
- Senior Seun: TJ Heyns
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf