Die o.14 A-rugbyspan van die Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal, het gedurende die vakansie die Paarl Gimnasium-toernooi bygewoon.
Na twee wedstryde in ? geel- of rooi trui, kon hulle eers in die laaste wedstryd die gesogte blou rugbytrui oor hul koppe trek.
Hierdie groep jong Bulletjies sal oor die volgende vier jaar oefen en groei met die strewe om die trotse draers van die wit trui in 2023 te wees.
Die span het drie wedstryde gespeel en onoorwonne van die toernooi teruggekeer.
Die tellings is as volg:
Oakdale vs Toernooi XV: 66-0;
Oakdale vs Hoërskool Diamantveld: 52-0
Oakdale vs Hoërskool Bellville: 76-0.
Op Saterdag 6 April skop ? besige 2019-rugbyseisoen tuis af met altesaam sewentien rugbyspanne wat teen HTS Drostdy van Worcester kragte sal meet.
Die Oakdalers sien met groot verwagting uit na hierdie wedstryde. Die Bulle sal vanjaar te staan kom teen skole soos Paarl Gimnasium, Paarl Boys’ High en Grey College van Bloemfontein asook deelname aan die Wildeklawer-rugbytoernooi vir die top 20 skole in die land.
Foto: Die o.14 A-groep by die Paarl Gimnasium-toernooi.