)

OAKDALERS DRA BLOU TRUI MET TROTS

Die o.14 A-rugbyspan van die Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal, het gedurende die vakansie die Paarl Gimnasium-toernooi bygewoon.

Na twee wedstryde in ? geel- of rooi trui, kon hulle eers in die laaste wedstryd die gesogte blou rugbytrui oor hul koppe trek.

Hierdie groep jong Bulletjies sal oor die volgende vier jaar oefen en groei met die strewe om die trotse draers van die wit trui in 2023 te wees.

Die span het drie wedstryde gespeel en onoorwonne van die toernooi teruggekeer.

Die tellings is as volg:

Oakdale vs Toernooi XV: 66-0;
Oakdale vs Hoërskool Diamantveld: 52-0
Oakdale vs Hoërskool Bellville: 76-0.

Op Saterdag 6 April skop ? besige 2019-rugbyseisoen tuis af met altesaam sewentien rugbyspanne wat teen HTS Drostdy van Worcester kragte sal meet.

Die Oakdalers sien met groot verwagting uit na hierdie wedstryde. Die Bulle sal vanjaar te staan kom teen skole soos Paarl Gimnasium, Paarl Boys’ High en Grey College van Bloemfontein asook deelname aan die Wildeklawer-rugbytoernooi vir die top 20 skole in die land.

Foto: Die o.14 A-groep by die Paarl Gimnasium-toernooi.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal