Die leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal is deeglik bewus van tydsbeplanning en –bestuur. Die vol buitemuurse program, studietyd en ekstra klasse dra daartoe by dat daar glad nie tyd is vir “niks doen” nie.
Gedurende die afgelope paar weke is leerders besig met sportoefeninge en deelname in tweekamp, krieket, muurbal, tennis, gholf, atletiek en toutrek.
Die manne is ook reeds besig om rugby te oefen vir die eerste wedstryde wat op Saterdag 9 Maart gespeel word. Rugbyoefeninge geskied soggens vanaf 05:00.
Intussen is die voorbereiding vir debat- en redenaarskompetisies ook aan die gang.
Die manne sal ook die naweek by die Riversdalskou hulle slag in Jeugskou wys.