Laerskool Mooirivier van Potchefstroom se swemmers het tydens die Curro-Swemgala wat op Donderdag, 14 Februarie by Curro in Klerksdorp plaasgevind het, weggestap met die wentrofee.
Die Tokkiespan het die byeenkoms gemaklik gewen.
Alexia Delicado (swemkapteine) en Joël Kriek (swemkaptein) spog hier met die wentrofee.