Op Maandag 27 Augustus het 64 inwoners van Huis Jan Lange, Ou Meule en lede van Droom op die Oakdale-plaas in Riversdal gaan kuier. Hulle is deur die leerders met koorsang en musiek getrakteer.
Sewe gasvroue het, met die ondersteuning van Riversdal Superspar, elkeen bederf met heerlike soet en sout versnaperinge. Oakdalers voel dat hulle ? sinvolle bydrae tot die lewens van ons senior burgers gemaak het.
Foto heel bo: v.l.nr.: Josey Botha, Elkan Willemse, Charl Maree en Maggie Jacobs.
Foto links: Die senior burgers wat Oakdale besoek het.