Met die SA Jeugskoukampioenskap wat vanjaar vanaf 30 September tot 4 Oktober in George plaasvind, is die Oakdalers van Riversdal gedurende die week die fynere punte van jeuskou geleer.
Mee. Elmarie en SueAnn Bosman het vanaf Clanwilliam gereis om die Jeugskou-manne met die voorbereiding, was en skoumanskap touwys te maak. Die Oakdalers het baie geleer en weet waaraan aandag gegee moet word ter voorbereiding vir die kampioenskap.
Foto bo: v.l.n.r.: Dehan du Pisani, me. Elmarie Bosman (afrigter), Rohan Barry, mnr. Fanus Fourie (afrigter) Charles Botes, SueAnn Bosman (afrigter), Margarinus Odenaal, Emdee Deyzel en Tiardt Botes.