)

“DIS NOU MAAR WORS” OP OAKDALE

Op Donderdag, 16 Augustus, is spanwerk deur die 432 leerders van Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal beproef toe hulle, in samewerking met mnr. Anton Swart en personeel van JC Slagtery, een lengte wors van 283 meter lank gebraai het.

Die Oakdalers het skouer teen skouer gestaan toe die personeel van JC Slagtery die lang wors op die roosters uitgerol het. Afgesien van die vreemdheid was dit ? lekker saamdoenprojek.

Al die kole is deur Safari van George geskenk en dié kole het gegloei terwyl die hommeltuig die proses vanuit die lug op video vasgelê het. Die Oakdalers is dit eens dat dit veral lekker was om 280 meter wors tussen 432 Oakdalers te verorber – “dis nou maar wors.”

Foto links: Mnr. Kobus Zeelie van JC Slagtery besig om die 283 meter wors op die roosters te sit.

 

 

 

 

 

 

Foto links: Die Bulle het besluit ? braaibroodjie is net die ding saam met wors.

 

 

 

 

Foto heel bo: Groot dank aan Safari wat al die kole geskenk het.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal