Op Donderdag, 16 Augustus, is spanwerk deur die 432 leerders van Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal beproef toe hulle, in samewerking met mnr. Anton Swart en personeel van JC Slagtery, een lengte wors van 283 meter lank gebraai het.
Die Oakdalers het skouer teen skouer gestaan toe die personeel van JC Slagtery die lang wors op die roosters uitgerol het. Afgesien van die vreemdheid was dit ? lekker saamdoenprojek.
Al die kole is deur Safari van George geskenk en dié kole het gegloei terwyl die hommeltuig die proses vanuit die lug op video vasgelê het. Die Oakdalers is dit eens dat dit veral lekker was om 280 meter wors tussen 432 Oakdalers te verorber – “dis nou maar wors.”
Foto links: Mnr. Kobus Zeelie van JC Slagtery besig om die 283 meter wors op die roosters te sit.
Foto links: Die Bulle het besluit ? braaibroodjie is net die ding saam met wors.
Foto heel bo: Groot dank aan Safari wat al die kole geskenk het.