)

OAKDALE-TOUTREKSPAN NA WÊRELDKAMPIOENSKAP

Oakdale Toutrekspan

Oakdale 560 kg-toutrekspan wat Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskap in Ierland gaan verteenwoordig.

Agter vlnr: Rayno Grundlingh, Robert-John Montgomery, Nicholas Joubert, Pieter J van Rensburg, Reynhardt Botha en Johan Geyser.

Middel vlnr: Mnr. Schalk Viljoen (SSK), Chrisjan Oosthuizen (k.), mnr. Piet Lourens (afrigter), Ben Viljoen (o.k.) en Annelie van Wyk (SSK).

Voor vlnr: Charl du Plessis, Anro Vermaak, mnr. Bennie Aucamp (spanbestuurder), Dewald le Grange en Tertius van der Watt.

Die 560 kg-toutrekspan van die Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal, vertrek Sondag, 31 Augustus, as die SA Proteaspan na Ierland waar hulle die land sal verteenwoordig by die wêreldkampioenskap te Castelbar.

Nadat die span  goue medalje in die 560 kg-afdeling gewen het by die SA Toutrekkampioenskap, is hulle as die Proteaspan aangewys.

Die span is sedert April besig met voorbereiding vir die wêreldkampioenskap wat deelname aan verskeie senior kompetisies en  streng gimnasiumprogram insluit. Sedert 2005 het Oakdale die land by nege wêreldkampioenskappe verteenwoordig waartydens 5 goue-, 2 silwer- en 1 bronsmedalje verwerf is.

Die span het Vrydag, 23 Augustus, hul benodigdhede met komplimente van hul hoofborg, Sentraal Suid Koöperasie asook Old Mutual Insure en Avenir Agri ontvang.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal