)

OAKDALE SE 7’s BLITSE PRONK IN DIE PAARL

Oakdale se o.17 sewes-span

Agter: v.l.n.r.: Enrique Arendse, Matthew Stephens (SWD), Neil Francis (spanbestuurder), Philip Kleynhans (SWD), Jan-Hendrik Louw, Tiaan Niehaus, Elkan Willemse, Morné Els (SWD) en Tino Singe (SWD).

Voor: v.l.n.r.: Mnr. Malan du Plessis (afrigter), Paul de Villiers (SWD), Monré de Ridder (SWD), Alwich van der Linde (SWD) en mnr. Adriaan Jansen (afriger).

Die o.15- en o.17 sewes-spanne van die Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal, het in bloedige hitte hulle goed van hulle taak gekwyt tydens die Marius Schoemantoernooi wat by Paarl Gimnasium aangebied is. Die o.17-span het hulle 3 groepwedstryde onoorwonne afgesluit nadat hulle HS Stellenberg 29-21, Douglas Streekspan 57-0 en HS Garsfontein 31-19 klop. In die kwarteindstryd kom die span weer teen HS Garsfontein te staan nadat Garsfontein gekwalifiseer het as beste verloorder.

Die Bulle moes hard baklei om die Garsie Bere met 19-12  te klop. Hulle val in die halfeindstryd teen HS Monument van Johannesburg vas en verloor 22-26.

Die uitspeelwedstryd vir die bronsmedalje teen Afrikaanse Hoër Seunskool was ? mooi vertoonvenster vir die spel gelewer tydens die toernooi. Oakdale wen die wedstryd oortuigend met 31-19.

Die jong o.15 Bulle het hulle seniors goed nageboots en ook hulle groepwedstryde onoorwonne afgesluit deur Vuka SA Legends 41-10, Outeniqua 21-19 en Worcester Gim 28-7 te klop. Die kwarteindstryd wen hulle 41-10 teen HS Stellenberg maar verloor ongelukkig met 0-19 teen die bekerwenners Paarl Gimnasium. Hulle stap as wenners van die veld teen die gedugte span van Paarl Bois High met ? telling van 31-19 en palm die bronsmedalje in.

Baie geluk aan Monré de Ridder, Paul de Villiers, Philip Kleynhans, Matthew Stephens, Matthew Golden, Tino Singe, Alwich van der Linde en Morné Els wat in die SWD 7’s-rugbyspan ingesluit is. Die span sal aan aan die Interprovinsiale 7’s-toernooi te Welkom vanaf 26 – 28 September 2019 gaan deelneem.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal