Agter: v.l.n.r.: Pieter Marais (skryfkuns: brons), George Coetzee (kuns: goud+), Tiaan Viljoen (gedigte: silwer), Divan Janse van Rensburg (poetry: goud; gedigte: goud; skryfkuns: brons) en SP Keyser (prosa: goud; gedramatiseerde prosa: goud; gedigte: goud).
Voor: v.l.n.r.: Uysie Keyser (tweesang: goud+), Morné Fuls (gedigte: goud), Jan Heyns (gedigte: silwer), Karlo Truter (poetry: goud+, gedigte: goud+) en Tony Dürr (kuns: silwer).
Afwesig: Anro Vermaak (solosang met eie begeleiding: goud+), Ryno Fourie (poetry: goud+; monoloog: goud+), Pietie Groenewoud (gedigte: goud) en Jan-Hendrik Saayman (solosang met eie begeleiding: goud+).
Die Hoër Landbouskool Oakdale bied leerders die geleentheid tot gebalanseerde vaardigheidsontwikkeling.
Daar was een-en-twintig inskrywings vir die jaarlikse RATEM-Eisteddfod. In die drama-afdeling is 5 goud+, 6 goue en 2 silwer sertifikate ontvang. In die musiekafdeling is 3 goud+ sertifikate en 1 goue verwerf. Skryfkuns het 2 brons sertifikate opgelewer en kuns 1 goud+ asook ? silwer sertifikaat.
Drie Oakdalers ontvang ook medalje toekennings vir die beste prestasie in hul afdeling. Karlo Truter kry die medalje vir die beste prestasie in Gedigte seuns graad 8 asook in die klas Poetry Boys grade 8. Ryno Fourie kry die toekenning in die klas Poetry Boys grade 9 asook in die klas Monoloog graad 8 tot 10.
George Coetzee ontvang ‘n medalje toekenning asook die wisseltrofee in die kunsafdeling vir sy kunswerk Karoo Stilte.