Twee van Laerskool Mooirivier, Potchefstroom, se onderwysers het baie goed presteer in die JB Marks Subdistrik-uitdunne vir die Nasionale Onderwystoekennings. Op 5 September is daar tydens ‘n spoggeleentheid by Die Wilgers, ere gebring aan uitmuntende onderwysers. Elené van Wyk (regs) het ‘n eerste plek behaal in die kategorie Uitmuntendheid in Gr. R-onderrig. Elené is ‘n onderwyseres by die Mooirivier Rep-en-Roer Kleuterskool. Trishka Longweni (links) het ‘n tweede plek behaal in die kategorie Uitmutendheid in laerskoolonderwys.
Die Tokkies is baie trots op die twee bekwame onderwyseresse.