NWU Top 30 atletiekbyeenkoms. Hoërskool Linden se top-atlete het verlede week by die McArthur Atletiekstadion in Potchefstroom deelgeneem. Dit was die jaarlikse NWU Puk Top 30-atletiekbyeenkoms, teen van die beste atlete in Suid-Afrika. Hierdie byeenkoms is een van die grootste skolebyeenkomste ter wêreld.
Daar was tot 50 atlete wat per item deelgeneem het en Linden se atlete het die skool se naam hoog gehou.
- Willem du Plooy het ‘n algehele 9de-plek in die 800m vir Seuns o.15 verwerf.
- Ameri Botha wen ’n goue medalje in hoogspring vir o.14-dogters met ‘n wenhoogte van 1.60m.
Die volgende atlete het ook 800 punte op die ASA-puntetabel oorskry:
- Ameri Botha: Dogters o.14 Hoogspring (820 punte)
- Jeandry Opperman: Seuns o.16 110 m Hekkies (838 punte)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








