NWU Top 30 atletiekbyeenkoms – Hoër Meisieskool Oranje se atlete het uitgeblink by die gesogte NWU Top 30-atletiekbyeenkoms!
Oranje het hul merk gemaak en ’n indrukwekkende tiende plek behaal uit 23 deelnemende skole. Die span het nie net hul staal gewys nie, maar ook ’n klomp medaljes huis toe gebring, insluitend ’n byeenkomsrekord!
Goud vir Oranje:
Die volgende atlete het Goud gewen by die NWU Top 30 Atletiekbyeenkoms:
- Jumarie Matthews – Driesprong (o.15) – 10.66 m
- Danyelle Pienaar – 400 m-hekkies (o.17) – 61.81 s
- Karla Kock – Gewigstoot (o.15) – 15.14 m
- Rumé Burger – 100 m (o.17) – 11.60 s – Nuwe byeenkomsrekord!
- Rumé Burger – 200 m (o.17) – 23.95 s
Atlete wat Silwerprestasies behaal het:
- Lilly Burger – 90 m-hekkies (o.15) – 13.44 s
- Diné le Roux – 100 m-hekkies (o.19) – 14.65 s
- Carli Üys, Roné Strydom, Rumé Burger, Danyelle Pienaar – 100 m-aflos (o.17) – 48.87 s
Bronsblink:
- Jumarie Matthews – Verspring (o.15) – 4.95 m
Hierdie uitslae getuig van harde werk, toewyding en ’n passie vir atletiek. Oranje se atlete het nie net deelgeneem nie, hulle het uitgeblink!


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








