Mnr Charles van Rooyen
Met die aanbreek van die nuwe dekade is daar ook vernuwing by Ali-land. Die skool verwelkom graag vir Mnr Charles Van Rooyen as nuwe skoolhoof. Mnr Van Rooyen was woonagtig in Welkom waar hy as Departementshoof gedien het by Hoërskool Dagbreek. Mnr Van Rooyen is ‘n man van min woorde maar hy gaan oor in dade, soos die spreukwoord se: “Nuwe besems vee skoon.” Hy sien uit om Hoërskool Aliwal-Noord na nuwe hoogtes te lei en die skool se leuse “Daadkragtig Vorentoe” te implimenteer.
Me. Ilse Booysen is aangewys as Waarnemende Onderhoof en ons wens haar alle sterkte toe vir haar nuwe ampsposisie. Mev. Annemi Jordaan is aangewys as ‘n Waarnemende Departementshoof en ons wens vir haar ook alle sterkte toe in haar nuwe posisie.
Nóg ‘n nuweling op die personeel is Me. Melissa Ferreira. Sy is die nuwe Gasvryheid en Wiskunde juffrou. Melissa is gebore in Patensie en sy was ‘n onderwyderes in Jeffreysbaai by Global Leadership Academy. Sy het egter die see se blou waters prysgegee vir die platteland, danksy ‘n sekere boer! Die skool wil haar ook gelukwens met haar onlangse verlowing. Ons hoop dat sy nog baie lank gelukkig sal wees by ANHS.
High School Aliwal North welcomes back a familiar face, Mrs Jana Venter. She is the new English teacher as well as the Creative Arts teacher. Mrs Venter hopes to have a great positive impact on the learners of ANHS.