Hanlé van der Merwe (17), SA skiër van Hoërskool Aliwal Noord, het haar debuut by die 2020 Jeug-Winterspele in Switzerland gemaak. Hanlé het goed gevaar tydens die eerste wedloop, maar haar Olimpiese droom het egter op 11 Januarie verbrokkel toe die hyser vasgesteek het oppad berg-op na die tweede wedloop. Dit het veroorsaak dat Hanlé die 2de wedloop misgeloop het. Ondersoek word na die voorval ingestel.
Hanlé, Ali-land is baie trots op jou!