Stulting se hoofleiers (vlnr: Edrich Kleu, Rudolph Gerber, Charlà de Villiers en Chloë Ludick) saam met twee lede van die NSRI.
Die NSRI het Laerskool Stulting van Humansdorp onlangs besoek. Hulle het die leerders meer van waterveiligheid geleer en ook raad gegee van wat om te doen in ‘n noodsituasie. Met die heerlike sonskynweer wat sinoniem met see en sand is en die somer eersdaags weer op ons voorstoep, is dit uiters noodsaaklik dat ons kinders ingelig is oor die gevare wat water inhou en wat hulle in noodgevalle moet doen. Baie dankie aan die lede van die NSRI wat ons so mooi oor waterveiligheid kom leer het!