)

Laerskool Stulting Gr. 7’s hou Entrepreneursdag

Lameg Koekemoer, Heinrich Human en Lohan Nel

Weke se beplanning en baie harde werk…  Uiteindelik breek die graad 7-leerders se Entrepreneursdag op Vrydag die 13de September aan.

Van vroeg-oggend af het die leerders hulle stalletjies begin gereed kry vir die groot dag. Al die maats van gr. RR tot gr. 6 het ‘n geleentheid gekry om die opkommende entrepreneurs te ondersteun.

Die leerders se misie was om dit wat hulle hierdie kwartaal in EBW van entrepreneurskap geleer het prakties toe te pas.  Die stalletjies het ‘n verskeidenheid produkte te koop aangebied en daar was ook ‘n paar spelletjies te speel vir die meer avontuurlustige maats.

Enige bygelowe oor Vrydag die 13de is dan nou ook sommer met mening in die kiem gesmoor, want ‘n sukses was die dag beslis!  Almal het die dag terdeë geniet.  Welgedaan aan al die leerders met hulle lieflike stalletjies!

Cloë Luddick, Danika Barbas en Karien Botes
Minke Mostert, Jessica Bramwell, Hanné Dirker en Cayla Bakkes
Joáni Jacobs en Charli de Villiers
Lorique Smith en Meché Draghoender
Anzale Top, Bernard Heyns

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal