Lameg Koekemoer, Heinrich Human en Lohan Nel
Weke se beplanning en baie harde werk… Uiteindelik breek die graad 7-leerders se Entrepreneursdag op Vrydag die 13de September aan.
Van vroeg-oggend af het die leerders hulle stalletjies begin gereed kry vir die groot dag. Al die maats van gr. RR tot gr. 6 het ‘n geleentheid gekry om die opkommende entrepreneurs te ondersteun.
Die leerders se misie was om dit wat hulle hierdie kwartaal in EBW van entrepreneurskap geleer het prakties toe te pas. Die stalletjies het ‘n verskeidenheid produkte te koop aangebied en daar was ook ‘n paar spelletjies te speel vir die meer avontuurlustige maats.
Enige bygelowe oor Vrydag die 13de is dan nou ook sommer met mening in die kiem gesmoor, want ‘n sukses was die dag beslis! Almal het die dag terdeë geniet. Welgedaan aan al die leerders met hulle lieflike stalletjies!