Laerskool Vryburg bars van trots oor ses van hul leerders wat die afgelope naweek deurgedring het na die Nasionale rondte van die Radikale Redenaarskompitisie!
Dit is die meeste leerders van Vryburg wat nog deurgedring het!
Die leerders is: Faith Bili (Gr. 7) toesprake Afrikaans addisionele taal; Ande Mayatula (Gr. 7) Engels lees; Janko Venter (Gr. 6) toespraak Afrikaans; Kyla Sholtz (Gr. 5)
Afrikaans lees; Mia Wernich (Gr. 5) Afrikaans lees en Joshua Bili (Gr. 4) toespraak in Engels
Hierdie leerders neem aan die Nasionale finaal deel op 12 Oktober in Pretoria.
Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders!