Noordvaal A-Hokkietoernooi – Erries wen brons en silwer medaljes by Noordvaal A-Hokkietoernooi.
Twee Erriespanne, die o/14A en o/16A dogtershokkiespanne eindig onder die TOP 3 by die Noordvaal A-hokkietoernooi.
Hierdie twee hokkiespanne van Hoërskool Ermelo het vanaf 8 Augustus – 11 Augustus aan die Noordvaal A-toernooi deelgeneem.
o/14A Hokkiespan
Die o.14’s se hokkietoernooi het by Hoërskool Montana plaasgevind. Erries is trots op hierdie span wat met brons medaljes die Noordvaal Hokkietoernooi en hul seisoen afsluit. Hier volg hul uitslae:
- EHS vs Hoërskool Zwartkop: wen 4 – 0.
- EHS vs Hoërskool Kempton Park: gelykop 2 -2.
Erries eindig eerste in hul poel en speel teen Midstream College in die kwartfinaal waar hul 4 – 0 wen.
’n Harde semifinaal word teen Hoërskool Helpmekaar gespeel waar die telling 1-1 is. “8 seconds” vind plaas waar die Erries verloor en in die finaal kragte meet teen Hoërskool Noordheuwel vir plek 3 of 4. In hierdie finaal wys die Erries guts en wen die wedstyd 3-0.
o/16A Hokkiespan
Die o.16’s speel by Dr. Malan waar hul as Noordvaal Naaswenners gekroon word. Hierdie trotse Erriespan se uitslae was soos volg:
- EHS vs Hoërskool Pietersburg: wen 4 – 0.
- EHS vs Hoërskool Eldoraigne: wen 5 – 1.
Hierdie span eindig eerste in hul poel.
Die kwarteindronde was teen Hoërskool Middelburg waar die Erries 2 – 1 wen.
In die semifinaal speel die Erries teen Hoërskool Helpmekaar en speel gelykop 1 – 1. Na “8 seconds” wen die Erries 2 – 1 en speel in die finaal teen Hoërskool E.G Jansen. Hier het die Erries alles gegee en speel die twee spanne gelykop 0-0. Na vyf “8 seconds” was die telling 1-1 waarna “sudden death” tien keer plaasgevind het voordat Hoërskool E.G Jansen 2-1 gewen het. Erries wen silwer medaljes.
Baie geluk aan altwee hierdie spanne met die uitsonderlike plekke wat julle in die Noordvaal bereik het.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








