Dramastuk beste op Streeksfees. Sekondêre Meisieskool Oranje se drama-opvoering “DOP” is as wenproduksie op die ATKV-tienertoneelfees se streeksfees aangewys.
Daarby is Caitlin Erasmus wéér vir haar spel uitgesonder. Sy is die beste aktrise. Dit is die derde agtereenvolgende toneelfees waar sy met dié eer wegstap.
Onder die benoemdes:
- Beste aktrise in ‘n ondersteunende rol: Dominique du Plessis.
- Beste klankoperateur: Theresa-Louise Fourie.
- Beste beligtingsopersteur: Lee-Anne Mouton.
- Beste regisseur: Me. Chanmari Erasmus en mev. Lynmari Brink.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









