Noord-Kaap Krieket. Gedurende die Desember vakansie verruil baie krieketspelers van Hoërskool Kalahari, Kuruman, hul maroon, goud en swart kleure van Kalahari vir die blou en wit van Noord Kaap Krieket.
Verskeie Kalas het deelgeneem aan streeks- en provinsiale toernooie reg oor Suid-Afrika. Die Noord-Kaap spanne het hierdie jaar baie goed gevaar en kan tevrede voel met hul spel. Lorika Kruger van Hoërskool Kalahari het uitgestaan tydens die 0/19 meisies toernooi met verskeie goeie vertonings. Sy is ook aangewys as speler van die wedstryd na afloop van die wedstryd tussen Noord-Kaap Krieket en Kei 0/19.
Die O.15 Noord-Kaap span het drie van hul vyf wedstryde in Sasolburg gewen. Die Noord-Kaap 0/16 meisiespan het aan ‘n nasionale toernooi in Oos-Londen deelgeneem en het uitstekend gevaar.
Northern Cape Cricket
During the December holidays, many cricketers from Kalahari High School, Kuruman, exchange their maroon, gold and black colours of Kalahari for the blue and white of Northern Cape Cricket.
Several Kalas also participated in regional and provincial tournaments across South Africa. The Northern Cape teams have also done very well this year and can feel satisfied with their games.
Lorika Kruger from Kalahari High School stood out during the U19 girls tournament with several good performances. She was also named player of the match after the match between Northern Cape U.19 Cricket and Kei U19.
The U15 Northern Cape team won three of their five matches in Sasolburg. The Northern Cape U16 girls team competed in a national tournament in East London and performed very well.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.kalaharihighschool.co.za/
Foto’s verskaf