Noord-Gauteng Atletiek Klubkampioenskap. Jean-Jacques Ellis, leerder van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria, skrik beslis nie vir ‘n uitdaging nie. Selfs al is dit teen atlete twee jaar ouer as hy nie.
Jean-Jacques, 0.14, het Saterdag by die Noord-Gauteng Atletiek Klubkampioenskappe deelgeneem in die 0/16-Verspring kompetisie. Hy behaal ‘n 2de plek met ‘n afstand van 6,44m en kwalifiseer sodoende vir die Suid-Afrikaanse Klub Kampioenskappe. Dit vind oor twee weke by die Pilditch Stadion plaas. Jean-Jacques, Die Wilgers ondersteun Jean-Jacques met elke sprong!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








