Gedurende die laaste kwartaal van 2017 het Nicola Steyn (graad 8) aan ‘n streekskompetisie, Talent Africa, deelgeneem. Dit is ‘n kompetisie vir die uitvoerende kunste (onder andere sang, dans, instrumente, drama en modelwerk). Tydens die langnaweek in April was sy in Port Elizabeth om die Wes-Kaap te verteenwoordig in sang en dans en het 5 silwer medaljes daar verwerf vir Sang (“Open” en “Pop”) sowel as Dans (“Lyrical” en Jazz).
Sy het aan die kompetisie deelgeneem, omdat dit vir haar ‘n lekker uitdaging is en omdat sy al vandat sy kan onthou, ‘n passie vir sing en dans het, sĆŖ sy.
Baie geluk, Nicola. Ons sien groot dinge aan die kom vir jou.