)

NHS is naaswenners van Afriforum se Dink of Sink onvoorbereide debat!

Jana-Ingwersen-Mev.-Maritza-Uys-Ernst-Pieterse-Mev.-Magda-van-der-Merwe-en-Milda-van-Dyk.

Tydens die Noordstreek uitdunne van Afriforum se Dink of Sink onvoorbereide debat op 16 Augustus te Hoërskool Montana tree Hoërskool Nelspruit as naaswenners uit die stryd teen drie en veertig spanne van vooraanstaande debatskole.

Vyf senior spanne van NHS het het deelgeneem aan die kompetisie, maar spanmaats Milda van Dyk, Jana Ingwersen en Ernst Pieterse het al die ander spanne gewys waar Dawid die wortels gegrawe het. Hulle het tydens die gala-aand die finale debat teen Afrikaans Hoër Seunskool gevoer waartydens hulle moes bewys dat, om te boikot, nie ‘n sinvolle vorm van burgerlike protes is nie.

Na ‘n naelbytstryd is hulle as naaswenners gekroon. Die span se afrigter, advokaat Maritza Uys, is trots op die drie Nellies se vermoë om binne vyf minute drie sterk argumente ter stawing van hul standpunt voor te hou in ‘n toespraak van twee en ‘n half minute, waarna ‘n debatsgesprek van sewe minute tussen die twee spanne gevoer word.

Hoërskool Nelspruit was in 2017 die nasionale wenners van dié kompetisie en in 2018 die Noordstreekwenners.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal