Hoërskool Kalahari van Kuruman se skuts het 16 en 17 Augustus aan die Skiet-finaal in Upington deelgeneem. Drie van Kalahari se skuts is gekies vir die Noord-Kaapspan wat gedurende die September-vakansie aan die SAS in die Kaap gaan deelneem.
Delarey Saaiman het 2 goue medaljes verower en is ook aangewys as die beste O/14 veer Noord-Kaap skut van die jaar.
Nicol Pietersen het ‘n silwer medalje verower, asook ‘n 4de plek.
Mienel Markram het 1 goue en 1 brons medalje verower.
Baie geluk aan hierdie skuts!