Nellies is trots op ons 0/11A Krieketspan wat deur is na die Mpumalanga Grootskole Finale nadat hulle vir Laerskool Klipfontein se 0/11’s met 70 Lopies geklop het! Nellies het die loot gewen besluit om eerste te kolf. Na ‘n goeie kolfbeurt kon Nellies daarin slaag om 155 lopies vir die verlies van 4 paaltjies in hul toegelate 30 beurte op die telbord te sit. Klipfontein het redelik vining paaltjies verloor, maar hul laaste 2 manne het goed vasgesteek. Klipfontein is almal uitgehaal vir 85 Lopies. Man van die wedstryd was Theuns Meyer met 42 Lopies en 4 paaltjies en het ‘n deurslaggewende uithardloop bewerkstellig. …..#TrotsNellies #NellieGuts
Baie geluk Mnr Adendorff , jy en jou seuns maak ons trots!!
Op die foto bo:
Voor: Theuns Meyer(Onder Kaptein),Hugo Liversage,De Wet Erasmus, Triston Kleynhans, Kyle Saunders(Kaptein).
Agter: Mnr Adé Adendorff, Jean-Arno Cilliers, David Botha, Peter Gosling, De la Rey Engelbrecht, Christian Smith, Righardt Vermaak, Nathan Duncan.