Verskeie van Hoërskool Nelspruit se B-span atlete het verlede naweek op die baan van Rob Ferreira op Witrivier, in ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms, waaraan ‘n hele paar Laeveldskole se A-spanne deelgeneem het, hul stemme dik gemaak en getoon dat deeglik van hulle kennis geneem moet word, wanneer die span vir interhoër saamgestel sal word.
Die tuisspan het teen skole soos Bergvlam, Lowveld High, Penryn College en Barberton kragte gemeet, met net Nelspruit se A-span en Lydenburg wat, van die deelnemende interhoërspanne, wat nie daar was nie. Desondanks het die Nellies die krane oopgedraai en met verskeie medaljes huis toe gekeer.
Die volgende NHS-atlete het goud verower:
Henrique de Lange (s.19): 400m hekkies – 58.38 sek.
Ivan Potgieter (s.17): 400m hekkies – 59.68 sek.
Martin Raad (s.14): 800m – 2:22.02
Marcel Saayman (s.16): spiesgooi – 47,47m
Lallie Grobler (m.14): 200m – 28.39 sek.; 400m – 67.13 sek.; en 300m hekkies – 54.75 sek.
Jana Engelbrecht (m.15): 100m – 13.13 sek.; en 200m – 27.53 sek.
Nicolize Aucamp (m.15): 400m – 63.12 sek.
Nadia Buitendag (m.19): 400m – 67.08 sek.
Margo Meyer (m.17): 1500m – 6:10.01
Shannon Pretorius (m.17): 200m – 28.21 sek.; ook 100m – 13.50 sek.
Van die ander blink vertonings, sluit in:
Estian Schroeder (s.19): gewigstoot – 11,85m
Xander Rutherford (s.16): skyfwerp – 41,18m; ook gewigstoot- 12,18m
Mechiel Brink (s.14): hoogspring – 1,55m (822)
Danté vd Westhuizen (s.16): 800m – 2:10.24
Coben Putter (s.16); skyfwerp – 39,13m
Tiaan Kotzee (s.19): 100m – 11.58 sek.; ook 200m – 23.93 sek.
Zanelle Moller (m.17): 400m hekkies – 74.35 sek.
Nicolize Aucamp (m.15): 200m – 27.56 sek.
Milda van Dyk (m.16): 400m – 66.49 sek.
Op die foto heel bo: Xander Rutherford by ‘n vorige geleentheid.