VyfĀ netbalspeelsters van HoĆ«rskool Nelspruit, wat in die vakansie aan twee verskillende netbaltoernooi gaan deelneem het, het as die beste speelsters in hul onderskeie posisies of speelsters van die toernooi huistoe gekom.
Tydens die Affies-toernooi is die volgende prestasies behaal:
- O/15: Gabbi van der Merwe is as beste doel van die toernooi aangewys.
- O/16: Tayla Kotzee is as die beste senterbaanspeelster aangewys.
- O/17: Mianke Engelbrecht is as beste verdedigende speelster aangewys.
By die Raloka-eerstespantoernooi het ChantƩ Oelofse R1500 ontvang as die beste verdediger.
Sy is ook aangewys as die waardevolste speelster.
#nellietrots