Twee boeties van Hoƫrskool Nelspruit, FJ (op foto bo) en Jan Albert Mentz het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Biathlon Kampioenskappe deelgeneem.
FJ het ‘n silwer medalje verwerf en nuwe persoonlike beste tyeĀ op beide die swem (57.22 op 100m) en die hardloop (6.06 op 2000m) aangeteken. Hy het Springbok-kleure met so min as 40 punte gemis.
Jan Albert kon ook daarin slaag om sy persoonlike beste tye te verbeter in swem (1.05.88 op 100m) en hardloop (5.28 op 1500m).
#nellietrots