)

Nellies maak skoonskip in die Grootskole Krieket-liga

Laerskool Nelspruit het skoonskip gemaak in die Grootskole Krieket-liga teen Curro. Ons is trots op julle seuns! Welgedaan. #TrotsNellies #NellieGuts

Nellies se Chippo’s eerste Krieketspan het Woensdag 20 September 2017 vir Curro se 1ste span met 8 paaltjies geklop. Nellies het die loot gewen en besluit om Curro eerste in te stuur. Curro is uitgehaal vir 89 almal uit. Beste bouler vir die Nellies was Joshua Louw. 3 paaltjies vir 2 lopies in 5 beurte. Nellies het die telling van 89 in die 12de beurt verby gegaan met slegs 2 paaltjies plat. Nellies wen dus met 8 paaltjies. Beste kolwer was Luan Strauss met 31 van 30 lopies.

Hierdie talentvolle 0/13 groep van Nellies is almal ingeskryf by Hoërskool Nelspruit in 2018 waar hul deel gaan vorm van Johan Rudolph se Krieket akademie by Hoërskool Nelspruit om hulle krieket verder te sluip. Die res van Laerskool Nelspruit se Junior Krieketspanne het ook gemaklik met Curro afgereken. Res van die uitslae:

Nellies 0/10A wen Curro 0/10 met 6 paaltjies.
Nellies 0/11A wen Curro 0/11 met 33 lopies.
Nellies 0/12A wen Curro 0/12 met 181 lopies
Nellies se Chippos 1stes wen Curro 1stes met 8 paaltjies

Op die foto heel bo:

Vlnr staande: Duan Meyer, Hannes Botha, Drikus Greeff, Luann Strauss, Henru van Wyk

Vlnr knielend: Wiehan Henning, Wian Stoltz, Joshua Louw, Paul Harley, Brend de Villiers, Deglan Prinsloo

Heel voor: Aldo Muller

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal