Laerskool Nelspruit het Donderdag, 19 Oktober 2017 geskiedenis gemaak toe al vier ons Krieketspanne, wat aan die Mpumalanga Grootskole liga deelgeneem het, deurgedring het na die Mpumalanga finale 2017 deurdat al vier ons 0/10A, 0/11A, 0/12A & 0/13A Krieketspanne hul halfeindrondtes gewen het. Voorwaar ‘n besonderse prestasie.
Die 0/10A’s van Mnr. Rhyno Schilling het Dinsdag teen Laerskool Kragbron met 97 lopies gewen. Kragbron het die loot gewen en stuur Nelspruit in om te kolf. Ons slaan 121 vir die verlies van 6 paaltjies in ons toegelate 25 beurte. Beste kolwers was gewees Vaughn van Zyl met 30 lopies en John Duncan en Jön Grobler elk met 24. In Kragbron se kolfbeurt val die paaltjies egter op ‘n gereelde basis en kon hulle nie daarin slag om die teiken van 122 te haal. Nelspruit boul Kragbron uit vir 24 in 11.3 beurte en wen die wedstryd met 97 lopies.
Beste boulers was gewees John Duncan 2 beurte 3 paaltjies vir slegs 4 lopies asook Vaughn van Zyl met 1.3 beurte 3 paaltjies vir 4 lopies.
Die 0/11A’s van Mnr. Adendorff het Woensdag teen Laerskool Klipfontein gespeel en hul met 70 Lopies geklop. Nellies het die loot gewen besluit om eerste te kolf. Na ‘n goeie kolfbeurt kon Nellies daarin slaag om 155 lopies vir die verlies van 4 paaltjies in hul toegelate 30 beurte op die telbord te sit. Klipfontein het redelik vining paaltjies verloor, maar hul laaste 2 manne het goed vasgesteek. Klipfontein is almal uitgehaal vir 85 Lopies. Man van die wedstryd was Theuns Meyer met 42 Lopies en 4 paaltjies en het ‘n deurslaggewende uithardloop bewerkstellig.
Die 0/12A’s van Mnr. Breyl het verlede week Donderdag ook deurgedring na Mpumalanga Grootskole finaal nadat hulle Laerskool Kragbron se 0/12’s met 4 paaltjies geklop het. Wat die oorwinning so spesiaal maak is dat Kragbron ‘n totaal van 4 Mpumalanga spelers het. Kragbron is eerste ingestuur en na uitstekende boulwerk van die Nellies is Kragbron uitgehaal vir slegs 77 Lopies. Nellies het die telling verby gesteek met nog 4 paaltjies staande. Ons beste bouler van die dag was Luke Poisson. Hy het in 5.4 beurte 7 lopies afgestaan en 2 paaltjie. En ons beste kolwer van die dag was Braam Basson met 28.
Laastens maar nie die minste…..Ons Chippos 0/13A’s van Mnr. Doyer was laaste aan die beurt, en het gesorg dat die Nellies dit 4 uit 4 maak nadat hul gister vir Laerskool Goedehoop met 35 lopies geklop het! Nellies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf sodat die manne van Secunda eerste die Laeveld son aandurf in die veld. Die spanne het in hulle onder 10 jaar die Mpumalanga titel gedeel, onder 11 is die titel deur Laerskool Goedehoop verower, en laasjaar het die Nellies met die titel weggestap. Laerskool Nelspruit het die lood gewen en die seuns van Secunda eerste in die Laeveld son laat veldwerk doen. Goedehoop het uitstekend geboul en ‘n driekuns behaal om die Nellies in ‘n benarde posisie op 43 lopies vir die verlies van 4 paaltjies te plaas. Luann Strauss het vasgebyt en 58 lopies aangeteken van 85 balle. Laerskool Nelspruit het uiteindelik 131 lopies in hulle 30 boulbeurte aangeteken. Laerskool Goedehoop het hul bes probeer, maar die gedissiplineerde boulwerk van die Nellies was te veel en hulle laaste paaltjie het geval met hulle telling op 97 lopies. Deglan Prinsloo het die meeste suskes gehad as bouler met die 4 paaltjies wat hy in sy 6 boulbeurte geneem het.
Foto hierbo:
Van Links agter: Paul Harley, Brend De Villiers, Drikus Greeff, Mnr. Gerrie Doyer (Afrigter), Hannes Botha, Henro van Wyk, Duan Meyer.
Middel: Aldo Muller, Deglan Prinsloo, Luann Strauss
Voor: Wian Henning, Joshua Louw en Wian Stoltz.