Nedstar Hokkie Kliniek. Hoërskool Ermelo se hokkiedogters het die Nedstar Hokkie Kliniek geniet en is slaggereed vir die liga!
Al Hoërskool Ermelo se senior dogters hokkiespanne het gedurende die Maart-vakansie aan die Nedstar hokkie kliniek deelgeneem. Die oogmerk was om hul vaardighede te slyp en wedstrydpatrone te gaan verbeter vir die skoleliga wat eersdaags begin. Die senior kliniek het plaasgevind vanaf Sondag, 27 Maart tot Woensdag 30 Maart en die junior kliniek vanaf Woensdag 30 Maart tot Saterdag 2 April.
Vyf-en-twintig dogters wat onderskeidelik as Ermelo een en Ermelo twee deelgeneem het, het as ‘n ope span gaan toer. Al die dogters het hul beste gegee en het veral ook gepoog om meer en beter geleenthede vir hul spanmaats te skep op die veld.
Ermelo 1 se uitslae was as volg:
Dag een:
- EHS vs Heidelberg Volkskool: wen 12 – 0
- Erries vs Noordheuwel 0/16: gelykop 1 – 1
Dag twee:
- EHS vs Waterkloof 0/16 A: wen 3 – 1
- Erries vs Waterkloof 2: wen 2 – 1
- EHS vs Uitsig: wen 7 – 0
Dag drie:
- EHS vs Secunda 0/16 A: wen 5 – 0
- Ermelo 1 vs Ermelo 2: Ermelo 1 wen 3 – 0
Dag vier:
- Ermelo een het eerste in hul afdeling geëindig en moes gevolglik uitspeel vir die eerste en tweede plek. Na ‘n taai stryd buig EHS die knie 0 – 1 teen Waterkloof een.
Ermelo twee het geensins by Ermelo een afgesteek nie. Ermelo twee se spelers is in sekere posisies aangevul deur van Ermelo een se spelers. Die Errie-dogters het Errie-guts aan die dag gelê en voluit gespeel in elke stryd.
Ermelo 2 se uitslae was as volg:
Dag een:
- Ermelo 2 vs Uitsig: wen 9 – 0
- EHS 2 vs Secunda 0/16: verloor 2 – 0
Dag twee:
- Ermelo 2 vs Waterkloof 2: gelykop 1 – 1
- Erries 2 vs Heidelberg Volkskool: wen 6 – 0
- Ermelo 2 vs Noordheuwel 0/16 A: verloor 0 – 3
Dag drie:
- Ermelo 2 vs Waterkloof 0/16 A: verloor 4 – 0
- EHS 2 vs Ermelo 1: verloor 0 – 3
Dag vier:
EHS se 0/16 A-span speel uit vir onderskeidelik die 13de en 14de plekke in die 0/18-afdeling. Hulle slaag daarin om Heidelberg Volkskool se 0/18 A-span 5 – 0 te wen. Hulle eindig 13de in hierdie hoër ouderdomsgroep. Voorwaar ‘n besondere prestasie!
Die 0/14 A-span se uitslae was as volg:
Dag een:
- EHS vs Zwartkop 0/15: gelykop 1 – 1
- Erries vs Noordheuwel 0/14: gelykop 1 – 1
Dag twee:
- EHS vs Kempton 0/15: gelykop
- Erries vs Midstream 0/15: wen 1 – 0
- EHS vs Waterkloof 0/14: verloor
Dag drie:
- EHS vs Ben Vorster 0/15 A: gelykop
Dag vier:
- EHS vs Merensky 0/15 A: wen 5 – 2. Die 0/14-dogters eindig dus 5de in die 0/15-afdeling.
Die 0/15 A-span se uitslae was as volg:
Dag een:
- EHS vs Waterkloof 0/15 B: verloor 0 – 1
- Ermelo vs Secunda 0/15 A: verloor 1 – 2
Dag twee:
EHS vs Midstream: verloor
Dag drie:
- EHS vs Merensky: verloor 0 – 2
- Erries vs Menlopark: verloor 0 – 1
- EHS vs Hatfield: wen 4 – 1
Dag vier:
- EHS vs Noordheuwel: verloor 2 – 4. Die Erries se 0/15 A-span eindig vierde in hul afdeling.
Elke Errie-dogters-hokkiespan het deurgaans hul beste gegee op, sowel as van die baan. Die Errie-hokkiebokkies is slaggereed vir die liga wat voorlê en die Erries is opgewonde om te sien hoe die dames hul nuut-verworwe vaardighede op die baan gaan toepas.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf