ASA Nasionale Atletiek Kompetisie. Tydens die afgelope vakansie het ses atlete van Hoërskool Aliwal-Noord aan die ASA Nasionale Atletiek Kompetisie in Potchefstroom deelgeneem.
Hierdie byeenkoms word deur al die provinsies in die hele land verteenwoordig en Aliwal-Noord se atlete het uitstekend gevaar teen die top atlete in die land.
Die uitslae is as volg:
- Monique Weitsz: dogters o/18 behaal ‘n 2de plek in die 5000mW met ‘n tyd van 28:24.43 (893 punte)
- Chris Weitsz: seuns o/16 behaal ‘n 3de plek indie 5000mW met ‘n persoonlike beste tyd van 26:44.49s (879 punte)
- Robert Orrock: seuns o/20 behaal ‘n 9de plek vir die 3000mSc met ‘n tyd van 10:12,25s (868 punte)
- Keyshaun Basson: seuns o/16 100m behaal ‘n 5de plek in sy uitdun met ‘n tyd van 11.66s (728 punte)
- Lutho Silele: seuns o/16 200m behaal ‘n 5de plek in sy uitdun met ‘n tyd van 24.70s
- Ethan du Plessis: seuns o/18 100m kon ongelukkig nie sy wedloop voltooi nie a.g.v ‘n dyspierbesering.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.facebook.com/AliesANHS/
Foto’s verskaf