Natuur Wetenskap Olimpiade. Byna 4000 leerders het deelgeneem aan die eerste rondte van die Natuur Wetenskap Olimpiade.
Slegs 300 leerders het deurgedring na die Distrik rondte. Hoërskool Witteberg se leerders het uitstekend presteer. Hulle het algeheel in die tweede plek geëindig tydens die Thabo Mofutsanyana distrik kompetisie.
Tydens die Provinsiale rondte, wat plaasgevind het op 12 en 13 Oktober by die Environmental Hall, Navil Hill, Bloemfontein, het slegs 72 leerders deelgeneem. Witteberg se drie leerders, Cobus Labuschagne, Tria-Mari Strydom en Sumari Eksteen, uit die Thabo Mofutsanyana distrik, het derde geëindig in die Vrystaat.
Witteberg spreek hul opregte dank uit aan die Provinsiale direkteur Mev Nel, Leerder Fasiliteerders, Jacques Botha en Mev Melanie Louw vir organisering.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf