Fichies vereer. Hoërskool Fichardtpark is uitstekend by die Kovsies/Media 24 se Sportsterre van die Jaar se gala-geleentheid verteenwoordig. Hierdie spoggeleentheid het gisteraand by Monte Bello plaasgevind. Desiree Ellis, suksesvolle SA vroue sokkerafrigter was die gasspreker.
Twee Fichie-leerders is vereer vir hulle sukses op nasionale vlak:
- Jaco Grobbelaar (SA-skole rugby)
- Miguel Ribeiro (skerm)
Fichies se afrigters en personeel het nie teruggestaan nie en is ook vereer.
- Juf Yolandi Stander (diskusgooi op Internasionale vlak)
- Ané Retief- oud-leerder en 2023 eerstespan netbal afrigter (Protea-netbal)
- Karla Pretorius-nuut aangestelde afrigter vanaf 2024 (Vrystaat Sportvrou van die jaar)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf