Emmari Gildenhuys, Nadia Enslin, Angelo Bergh, Kristoan Hattingh van Wyk en Armand Lubbe, leerders van Hoërskool Langenhoven, het op Donderdag, 28 Februarie 2019, aan die Nasionale Toneelspelkompetisie se uitdunrondte te George deelgeneem. Die uitslae sal middel Maart bekend gemaak word.
Die kompetisie word in 2019 vir die 18de keer deur die Hoërskool Bellville aangebied. Van die deelnemers aan 2018 se kompetisie het rolle gekry in KykNET se vervolgverhale en enkeldramas.
Op die foto verskyn van links: Emmari Gildenhuys, Nadia Enslin, Estea Venter (Openbare-betrekkinge Beampte van Hoërskool Langenhoven), Kristoan Hattingh van Wyk, Armand Lubbe en Cheryl Krause (Kuns & Kultuur-vakonderwyser).