Die groepie Dasse het almal pragtig tydens die afgelope Riversdal Landbouskou, wat vanaf 20 – 23 Februarie 2019 plaasgevind het, presteer.
Carla Conradie behaal vyf eerste plekke, een derde plek en twee vierde plekke. Mariechen Goedhals is die Reserwe Kampioen in die 3-gang performance kinderryperd, die Reserwe Kampioen in die 5-gang performance kinderryperd en behaal twee tweede plekke.
Zoë Heyns is die Kampioen in die SA Boerperd Universele Elite 5 3-gang ryperd, die Kampioen in die SA Boerperd Universele 3-gang ryperd junior ruiter O/19 en die Kampioen in die SA Boerperd senior merrie 3jaar en ouer.
Sy behaal ook vier eerste plekke, twee tweede plekke, twee derde plekke, twee vierde plekke, vier vyfde plekke en ‘n sesde plek. Ané Louw behaal twee eerste plekke, twee tweede plekke en ‘n derde plek.
Anke Ellis behaal twee eerste plekke, ‘n derde plek en ‘n vyfde plek. Rochelle Janse van Rensburg behaal sewe eerste plekke, sewe tweede plekke en ‘n derde plek.
Anja Joubert behaal twee eerste plekke en ‘n vierde plek. Tannah Strydom behaal twee eerste plekke, twee tweede plekke, ‘n derde plek, vierde plek en ‘n vyfde plek. Tara Zeelie behaal ‘n eersteplek, twee tweede plekke en drie vierde plekke. Magdel Barnard behaal ‘n vierde plek en ‘n vyfde plek.
Op die foto verskyn agter, van links: Ané Louw, Mariechen Goedhals, Carla Conradie, Anja Joubert en Tannah Strydom.
Voor, van links: Tara Zeelie, Anke Ellis, Zoë Heyns, Magdel Barnard en Rochelle Janse van Rensburg.