Nasionale Toneelkompetisie Vyf Gekroon – Hoër Meisieskool Oranje se Nasionale Toneelkompetisie Vyf is gekroon as die beste produksie.
Hoër Meisieskool Oranje het Donderdag die nasionale verhoog verower toe hul produksie Vyf as beste produksie by die Allegretto-toneelfees in Pretoria aangewys is. Vyf was die uitblinker uit 168 deelnemende produksies landwyd.
Hierdie oorwinning bring ’n unieke beloning: Vyf sal volgende jaar vir ’n volle week op die Oppiwater-kunstefees op die MSC Opera-skip opgevoer word—’n droomverhoog vir enige jong kunstenaar.
Toekennings wat spreek van uitnemendheid vir Vyf
- Vyf is aangewys as Beste Komedie én Beste Ensemble.
- Caitlin Erasmus is bekroon as Beste Aktrise in ‘n Hoofrol.
- Miné Truter ontvang die toekenning vir Beste Byrol in ’n Komedie.
Benoemings wat talent bevestig:
- Spelers: Miana Fourie en Danaé du Plessis
- Tegnici: Kaylin Maartens, Mila Barratt en Abigail Dicks
- Regisseurs: Me. Chanmari Erasmus en Mev. Lynmari Brink
Dubbelprestasie vir Oranje:
Die leerderproduksie Tussen die kollig en die krake het ook glansryk gevaar en tweede plek in dieselfde kategorie behaal. Dit is ’n bewys dat Oranje se verhoogtalent diep en wyd strek.
Vat Vyf Oranje Vat Vyf!!!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








