Nasionale Skaapskeer Kampioenskappe. Luan Skog, leerder van Hoër Landbouskool Boland in die Paarl, het die sewende plek in die land behaal met skaapskeer in die skoliere afdeling!
Luan het die Wes-Kaap verteenwoordig by die Nasionale Skaapskeer Kampioenskappe te Bloemfontein. Die leerders het darem nie net geskeer nie. Hulle kon darem ook die Nasionale Saalperd Kampioenskappe bywoon tydens Bloemskou. Verder het hulle ook die Aglo Boereoorlog Museum besoek, asook die Vrystaat Universiteit se proefplaas, genaamd Paradys.
Baie sterkte aan die Suid-Afrikaanse Skaapskeerspan wat tydens hierdie toernooi kon kwalifiseer vir die Wêreldbeker Skaapskeer Kampioenskappe in Skotland.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf