Nasionale SA Tweekampkampioenskappe. Tweekampprestasie van formaat!
Sewe uitmuntende atlete van Hoërskool Stellenberg het die skool én die Westelike Provinsie met trots verteenwoordig by die 49ste Nasionale Suid-Afrikaanse Tweekampkampioenskappe.
Die Westelike Provinsie-span is as algehele wenners gekroon, terwyl Hoërskool Stellenberg ’n welverdiende bronsmedalje in die hoërskoolafdeling verower het.
’n Spesiale woord van gelukwensing aan Mia Groenewald, wat as nasionale kampioen in die dogters o/17-afdeling gekroon is – ’n merkwaardige prestasie!
Individuele uitslae:
- Meisies o.15: Gia de Wit – 23ste uit 49 atlete
- Meisies o.17: Mia Groenewald – 1ste uit 52 atlete; Emma Groenewald – 20ste uit 52 atlete
- Seuns o.17: Tariq van Wyk – 11de uit 58 atlete; Janco van Rensburg – 22ste uit 58 atlete
- Meisies o.19: Cara Rossouw – 4de uit 48 atlete
- Seuns o.19: Luan Strydom – 9de uit 43 atlete
Stellies is baie trots op elkeen van julle – julle het Stellenberg se naam met glans gedra!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








