SA Toutrek – Landboudal Boere se jong toutrekkers het Robertson behoorlik laat kennis neem by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Uitslag van die SA Toutrek:
- Die 520kg seunsspan het met vasberade krag en spanwerk ’n welverdiende bronsmedalje huis toe gebring.
- Die 480kg dogtersspan het die tou met flair en vasbyt getrek en goud in die plaat-afdeling verower Dit is ’n prestasie wat die hele Landboudal Boere gemeenskap laat glimlag van trots .

Hierdie oorwinnings is ’n bewys van harde oefening, spanpoging en die ware Landboudal Boere-gees. Baie geluk aan elkeen wat sy gewig ingesit het.
Julle het voorwaar geskiedenis gemaak!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor









