Nasionale Junior-swemkampioenskap. Leandi Prinsloo, leerder van Oranje Meisieskool in Bloemfontein se medalje-oorwinnings duur voort. Sy het 2 medaljes op die Nasionale Junior-swemkampioenskap in Kaapstad verower.
Verder was sy 2de in die 50m-borsslag en 3de in die 100m-borsslag (14 jaar). Leandi het ook ‘n 4de, twee 5de plekke en ‘n 6de plek behaal.
Dit volg op haar 5 goue medaljes elk op vanjaar se SA-skole gala en Interhoër gala asook ‘n brons by die SA-tweekampkampioenskap.
Die 9 Oranjeniete wat gekwalifiseer het, is die meeste sedert 2021.
- Meandri de Vos (14 jr. | x5 finale)
- Lize-Marié Kruger (15 jr. | x4 finale)
- Leandi Prinsloo (14 jr. | x7 finale)
- Caileigh de Beer (15 jr.)
- Emma Pretorius (14 jr. | x5 finale)
- Katie de Jager (16 jr. | x3 finale)
- Jana Helmand (17-19 jr.)
- Zenicke van Schalkwyk (13 jr. | x1 finaal)
- Nanette Jordaan (17-19 jr. | x1 finaal)

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









